|
|
Op die plaas Nuweland word daar al sedert 1970 met Dormers geboer nadat Juan Louw drie Dormer ramme by Wilhelm Louw van Dorlou stoet gekoop het en met Merinos begin kruis het. Na talle goeie prestasies in slaglamkompetisies het Ewan Louw besluit om te begin stoet en in 2005 het hy twee Rhenosterbosrug ramme aangekoop en by en by 85 aanhangsel A ooie gesit. Om vinniger genetiese vordering te maak is die aantal aanhangsel A ooie in 2006 opgestoot na 200 en teen 2009 is daar 250 ooie by die ram en 75 jong ooie in die stoet. Daar is ook ‘n kudde wat bestaan uit 650 ooie wat aangevul sal word uit die stoet sodra getalle in die stoet dit toelaat. Daar word ook jaarliks ‘n groot aantal ooilammers uit die kudde verkoop vir aanteeldoeleindes . Die ramme word begin November bygesit en lamtyd is einde Maart met lampersentsies van 150% en meer. Lammmers is gewoonlik op 120-140 dae markgereed (42kg-44kg) en die eerste 100 lammers se uitslagpersentasie is gewoonlik 56% gemiddeld en kom daarna af na 53%. In 2007 is daar ‘n slaglam ingeskryf by Malmesbury se slaglamkompetisie wat 59% uitgeslag het |