Nuweland Dormer Sheep

  • Nuweland Dormer Sheep
  • Nuweland Dormer Sheep
  • Nuweland Dormer Sheep
  • Nuweland Dormer Sheep
E-mail

Geskiedenis van die Dormerras

Die Dormerras  is ‘n kruis tussen die Dorset Horn en die Duitse Merino (S.A. Vleismerino) wat deur  ekstensiewe navorsing oor ‘n tydperk van tien jaar sedert 1927 deur Elsenburg Navorsing Stasie ontwikkel  is.

Die hoofdoel was om ‘n vleisras te ontwikkel wat goed kan aanpas in die winterreënval gebied en waarvan geskikte ramme  vir kruisteel doeleindes geteel kan word  asook om ‘n lam wat vinnig en ekonomies groei  te verkry.

Na verskeie proewe met verkillende rasse is daar besluit op die Dorset Horn ram as gevolg van sy goeie kwaliteit vleis en vinnige groeitempo en die S.A. Vleismerino  ooi as gevolg van  hulle weerstand teen long parasiete. Beide rasse het ook goeie vrugbaarheid  en  melkproduksie asook beide rasse het ‘n relatiewe  lang teelseisoen.

Sover vasgestel kan word is die eerste is Dormerramme in 1947 op Elsenburg verkoop en daarna jaarliks behalwe in 1969 toe al die skape nodig was vir ‘n eksperiment , die gemiddelde prys vir ‘n ram was R15. Die pryse het relatief laag gebly tot 1954 waarna dit begin styg het en die eerste offisieële Dormerveiling wat weg gehou is van Elsenburg was 27 Oktober 1968 by Goodwood en sedertdien jaarliks by Goodwood en Bloemfontein

Behalwe vir Elsenburg het daar ook boere sedert 1937 gehelp met die ontwikkeling van die ras  deur deel te neem aan Elsenburg eksprimente en hulle het vanaf 1947 hulle kuddes opgegradeer  uit die Elsenburg kudde.

Daar het ‘n behoefte ontstaan vir ‘n Dormer Skaaptelers Genootskap en die het sy ontstaan gehad 19 Oktober  1965 om die Dormerras se belange te beskerm en die ras te bevorder.

In 1967 was daar ‘n onsuksesvolle poging om die Dormer as ‘n ras te registreer , maar die ras is toe wel 17 April 1970 deur S.A. Stamboek as ‘n ras erken. Hierna het die ledetal  drasties toegeneem en in die  middel tagtigs tot die einde tagtigs was die getal lede op sy hoogste. In die vroeë negentigs het die getalle egter drasties geval wat lede en skaapgetalle aanbetref as gevolg van droogte en ekonomiese probleme.

Alhoewel die Dormer vir die Wes- en Suid-Kaap ontwikkel was word dit vandag regdeur die land aangetref met min groot kuddes wat  in die Wes en Suid Kaap voorkom en die grootste hoeveelheid telers wat in die Vrystaat en Gauteng Provinsie voorkom.

Baie boere in Suid Afrika het besluit dat Dormer ramme die antwoord is op slaglamproduksie, die vraag is egter hoekom. Die Dormer is wel bekend vir sy hoë vrugbaarheid, goeie moederseienskappe, lang teelseisoen en ooie wat maklik lam en dit alles dra daartoe by dat die Dormer ‘n uitstekende slaglam ras is. Verder doen Dormerslaglammers ook goed in slaglamkompetisies en het lammers ook ‘n vinnege groeitempo en is soms op 120 dae reeds markgereed.

 

 

Lid van Dormer Vereniging

dormer vereniging

Dormer Sheep

Ewan Louw started his stud in 2005 after he had excellent results in slaughter lamb competitions that he entered since 2001. Lambs are normally ready for marketing at the age of 120-140 day at which point they will weigh 40kg-45kg and easily achieve a slaughter percentage of 52%-58%.  Rams as well as young ewes are for sell from the farm.  Nuweland Dormers pride itself in the fact that their rams are not overfed and they only receive extra feed as necessary in the dry season. The results are a ram that is not overfed and won’t loose its condition during the mating season therefore what you see is what you get. Nuweland dormers are a member of the Dormer Sheep Breeders Society of SA.
You are here  : Home Die Dormer Ras